Plaagbeheer in Suid-Afrika: hoe om plaagbeheer per provinsie te beplan tydens lente

Dis daardie tyd van die jaar wanneer dinge weer begin opwarm en aktief raak. Gepaard met die tekens van lewe wat weer na die tuin en huis terugkeer, is een van dié ook seisoenale plae. Plaagbeheer in Suid-Afrika is ‘n unieke onderneming aangesien elke ondervinding bepaal word deur die area waarin u woon. Bestry lente verdagtes met ons onderstaande gids, wat peste per provinsie en klimaat aanspreek, asook watter oplossings om toe te pas.

Suksesvolle oorgang tussen seisoene

Met ‘n ryk en uiteenlopende terrein soos ons land s’n, is dit belangrik om lenteplae met aandagtigheid te benader. Plaagbeheer in Suid-Afrika se tuistes en tuine sal verskil vir elke individu gebaseer op hulle streek se temperature, reënval en omgewingsfaktore. Skop u lente roetine af deur om die oorgang van winter na lente te verstaan vir ‘n plaag-vrye tuin. Hierdie gids help u om u tuinmaak roetine aan te pas vir voorkomende plaagbeheer. Dit is dan verder belangrik om waaksaam te wees en gereeld deeglike plaagondersoeke te doen om u afweering teen indringer insekte, knaagdiere en meer te onderhou.

Plaagbeheer in Suid-Afrika per provinsie

Die nege provinsies van Suid-Afrika val onder vyf hoof klimaatsones. Hierdie streke word geaffekteer deur hulle weerstoestande en dus die tipes plae wat heel waarskynlik elke area bewoon.

Klimaatsone 1: Kuslangse somerreënval

Kusdorpe van KwaZulu-Natal

Oos-Kaap

Hierdie streek word beïnvloed deur die warm Indiese Oseaan en word dus gekenmerk aan droeë, rypvrye winters. Omdat die sone gelukkig nie ryp kry nie, verg die oorgang na lente nie veel moeite nie.

Die suidelike streke ondervind winterreënval en koeler kondisies. Omdat die kusdorp Port Elizabeth (ook bekend as die winderige stad) geneig is tot sterk rukwinde, sal inwoners hier in goed-gewortelde plante moet belê en natuurlike windskerms moet installeer of groei. Warmer, vogtige weer sal ervaar word voordat die snikhete somer begin.

Bedompige toestande sal lei tot ideale grond vir slakke, asook molle, om hulle pad deur u tuin te vind. Maak seker om uit te kyk vir poele opgedampte water rondom die huis, om muskiete te vermy.

Plae: Vlieë, muskiete, molle, kokkerotte en slakke

Oplossings:

 

Klimaatsone 2: Kuslangse winterreënval

Kusdorpe in die Suid-Kaap

Tafelberg

Hierdie sone langs die Wes-Kaap af bevat subtropiese plante en ondervind ‘n amper rypvrye winter (indien nie, ‘n baie ligte, kort periode van ryp). Omdat die grond in hierdie area van Tafelberg afgelei word is dit gereeld van swak gehalte, en sal dus die opsies van tuinplante in hierdie sone beperk.

Al waai ‘n vars, skerp wind steeds gedurende lente maande sal warmer weer begin in set, wat nuwe plae geleidelik in u huis en tuin in nooi. Inwoners in hierdie area sal ook die voginhoud van die grond moet monitor, vir plae soos slakke, naakslakke en molle. Huisbewoners hier sal ook waaksaam moet wees vir poele opgedampte water, om muskiete te vermy.

Plae: Vlieë, muskiete, molle, slakke en plantluise

Oplossings:

Bobaas wenk: As u bo of rondom Tafelberg woon, snuffel deur Wonder se reeks kunsmis om u grond se nutrisie te verryk. Hier sal u oplossings vind wat ontwerp is om u to help met grond en plante voorbereiding, vrugte en groente, grasperke en blare, rose en blomme, en alle doelbehoeftes.

Klimaatsone 3: Winterreënval Karoo

Noordelike kusgebiede van Namakwaland

Hierdie streek sluit gedeeltes van die Noord-Kaap provinsie in en word aan geen of ligte ryp blootgestel. Hierdie area ondervind winterreënval, en ook somerreënval in die oostelike gebiede. Die grond hier is redelik ryk in minerale en ‘n verskeidenheid subtropiese plante groei goed hier – wanneer dit voldoende natgemaak word en in plekke geplant word waar ryp lig is.

Hierdie area moet waaksaam wees teen knaagdiere omdat rotte en muise steeds skuiling soek  wat veilig is teen ryp en reën, om nes te bou. Kyk ook uit vir tekens van enige skade tussen bome en plante, wat deur termiete veroorsaak was.

Plae: Muise, rotte en termiete

Oplossings:

 

Klimaatsone 4: Somerreënval Karoo / Hoëveld

Die Platorand

Hierdie streek sluit die Vrystaat, Gauteng, sekere gedeeltes van die Oos- en Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga provinsies in. In die sone sal winterryp buitemuurse plantkeuses beperk. Met dit in gedagte is daar steeds ‘n verskeidenheid van plante wat ‘n weerstand het teen ryp, wat goed hier kan groei.

Die somers kry reën en die winters is baie droog. In die noord-westelike gebiede reën dit baie min. Wanneer u u plante vir hierdie areas kies, maak seker dat u keuses met hierdie faktore ooreenstem. Hierdie area moet ook waaksaam wees teen knaagdiere en termiete.

Plae: Muise, rotte en termiete

Oplossings:

 

Klimaatsone 5: Bosveld Somerreënval

Die Bosveld

Hierdie gebied sluit meestal Limpopo en ‘n klein gedeelte van die Noordwes provinsie in. Dink aan droeë, aangename winters, met die moontlikheid van ryp wat ‘n probleem kan wees in die hoër omliggende areas. Terwyl die oostelike dele goed reën kry, is die noord en westelike areas baie droeër.

Alhoewel die grondtipes hier afwissel, is dit oor die algemeen ryk in minerale en inwoners het ‘n groot verskeidenheid plante om van te kies vir die streek. Maar met ryk grond kom welige plantegroei, wat allerande honger plae na u tuin aan lok. Hierdie area moet ook waaksaam wees teen termiete wat beide lewendige en dooie plantmateriaal aanval, asook om u afweering teen knaagdiere onderhou.

Plae: Muise, rotte en termiete

Oplossings:

Beskerm elke provinsie, een pes op ‘n slag

Noudat u paraat is met provinsiële lenteplae kennis, kan u voorberei en aksie neem om u huis en tuin te verdedig. Vir meer raad en oplossings oor plaagbeheer in Suid-Afrika, teken aan op Efekto se nuusbrief om ons volledige Lente Plaagbeheer Handleiding te ontvang.