Soos wat die koue seisoen begin in kruip is ons hier om u the herinner om nie op u louere te rus wanneer dit by u tuin se plaagbeheer kom nie. Terwyl dit dalk mag lyk asof pesaktiwiteit begin af neem, is daar steeds plekke om te deursoek en roetines om te volhou. Deur om u pogings teen winter plae te onderhou, sal u die kanse van ‘n plaag infestering in lente drasties verminder. Kom ontdek saam met ons die verskeie areas in en om die huis wat u moet monitor en behandel!
Weerstaan winter plae: die top peste en waar om hulle te vind
Hierdie uitgawe van ons winter plae gids is ‘n voortsetting van ons herfs- en winter plae gids. Ons het hier al die mees algemene plae in die tuin gedek, asook die ooreenstemmende korrektiewe behandeling. Maar soos ons almal weet – plae rus nooit werklik nie – so ons gaan voort om gidse te verskaf wat u sal help om een stap voor infesterings te bly. Ons het ‘n lys versamel met al die mees waarskynlike plae wat gedurende winter in die huis en tuin voor kom.
Binne tuistes en geboue
Plae sal na enige plek toe aangelok word waar daar maklik toegangbare spasies en bronne is, soos huise, pakhuise, kantore, winkels en meer.
Miere
In gebiede wat winterreënval kry sal miere binnensmuurse spasies binneval om skuiling te soek teen oorstroomde neste en om te skarrel vir krummels en oorskietsels. U sal hulle heel waarskynlik in die kombuis, sitkamer en eetkamer vind.
Gebruik: Efekto Ant, Efekto No Insect Indoors NF Ants RTU, Efekto Fendona 6 SC
Kokkerotte
Hierdie peste geniet bronne van water en kos. Maak seker om plekke soos vullishouers, lekkende krane en pype, en geute waar blare versamel te ondersoek. Hulle kan in kombuise, kelders en motorhuise gevind word.
Gebruik: Efekto No Insect Indoors NF Cockroaches RTU, Efekto No Roach 25 SC, Efekto Zero Roach Bait
Spinnekoppe
Wanneer dit koud is, is die perfekte woonplekke vir spinnekoppe om hulle wed te spin, allerhande versteekte hoekies en gaaitjies in en om die huis. Wees op die uitkyk vir springspinnekoppe wat agter gordyne en tussen kussings op meubels kan skuil.
Gebruik: Bio Kill Classic, Efekto No Insect Indoors NF Fleas & Bedbugs RTU
Rotte en muise
Knaagdiere is bekend daarvoor om geboue binne te dring vir voedsel, water en skuiling. Meeste van die tyd sal u hulle gewaar net na skemer of net voor dagbreek. Dink aan daai rotte wat in u dak rond skarrel, asook in solders en motorhuise.
Gebruik: Efekto Eco Rat™Bait Station saam met Efekto Eco Rat™ en Supa Kill Sachet (om op plekke te strooi wat moelik bereikbaar is).
Om u huis gedurende winter te onderhou, maak seker dat u die onderstaande takies verrig:
- Maak enige deure wat stukkend is reg en verseël dit, skerms, krake en skeure
- Maak lekkende pype en wasbakke waterdig
- Verseël die spens en enige koshouers
- Hou kombuisblaaie skoon en verhoed dat skottelgoed in die wasbak opgaar
- Verwyder enige vullissakke en rommel uit die huis uit
- Elke kamer moet gereeld gestofsuig of gevee word
- Hou plekke met vuurmaakhout, kartondose bokse en papiere netjies en skoon
In die tuin
Tuine is ongelukkig die slagoffer van ‘n aantal plae, wat wissel van siektes tot insekte en meer. Hier volg die hoof verdagtes om voor uit te kyk gedurende die wintermaande.
Siektes
Die winterkoue kan swamprobleme veroorsaak wat blombolle vrot maak. Sodra jy oplet dat die blare verbruin of blaasagtige kolle kry, gebruik Efekto Funginex, ‘n swamdoder. Kyk ook uit vir poeieragtige skimmel, swartvlek en bruinroes.
Wanneer die blare van u vrugtebome soos: perskes en nektarien, begin afval, beheer swamsiektes soos krulblaar onmddelik met Efekto Virikop – ‘n koper behandeling wat die ontwikkeling van swam spore sal keer.
Tuinplae
Plantluise
Hierdie sapsuigende insekte is ongelukkig ‘n algemene winterplaag. Hul voedingsaktiwiteite kan lei tot die agteruitgang van plantgesondheid, verwronge groei, en skei heuningdou af. Sommige plantluise dra ook plantvirusse oor.
Gebruik: Efekto Aphicide Plus (op konifere, rose en ander tuinplante), Efekto Aphicide (op blomplante, struike, bome, groente, vrugte en verskeie produkte).
Rooispinmyt
Al is hierdie pes nie so aktief in die winter nie, is dit steeds ‘n winterplaag. Die eerste tekens van hierdie pes kom voor as klein liggekleurde spikkels op blare. Blare sal vervaag en ‘n brons glans ontwikkel, uiteindelik geel of rooi word, en dan af val.
Gebruik: Efekto Eco Fungimite, Efeko Kumulus WG
Dopluise
Word gewoonlik aan die onderkant van blare aangetref. Dopluise lyk soos klein doppies met ‘n watereige waslagie wat hard of sag kan wees. Nadat hulle die sap in die blare opgevreet het, produseer hulle ‘n suikeragtige heuningdou wat swamorganismes lok, wat soos swart skimmel produseer.
Gebruik: Efekto Malasol, Efekto Insecticide Granules Plus
Slakke en naakslakke
Slakke en naakslakke se aktiwieteite word bepaal deur die reenval in jou omgewing of area. Hulle is geneig om die meeste aktief te wees gedurende die nag, in klam weer, en op bewolkte of mistige dae. Omdat hulle manier van beweging slym vereis, is vogtige toestande die perfekte kondisie vir hulle om te floreer.
Gebruik: Efekto Snail & Slug Trap, Efekto Snailban, Efekto Snailflo
Om die tuin plaagvry te hou, maak seker jy behandel jou tuin reg dear die jaar:
- Hou aan om enige onkruid te behandel om dit onder beheer te hou voor lente
- Vermy dit om besmette plantsteggies op komposhope te gooi. Raak eerder ontsllae daarvan deur dit in ‘n vullissak te plaas en weg te gooi.
- Hou u tuin so netjies as moontlik en vermy rommel-, blaar- en vullishope waar plae skuiling kan vind
- Maak waterafloopgebiede skoon van enige vreemde materiale om te vermy dat water opdam. Dit is ‘n belangrike taak vir vloedbeheer, en verminder ook die kanse dat plae van blaarvullis en waterbronne gebruik kan maak
Pak winter plae aan met Efekto
Kontak ons gerus vir meer kundige advies oor die behandeling en teenmiddels vir winter plae.