Onkruid kruip in allerande plekke op. Dit kan soms moeilik genoeg wees om te bepaal watse tipe onkruid u op die hande het, wat nog te meer om te weet watse onkruiddoder van daai spesifieke onkruid ontslae sal raak? Hierdie gids is spesiaal geskep om u te help om vas te stel presies watse tipe onkruid in u tuin groei, asook algemene grasperk probleme en grasversorging produkte gemaak om hulle te behandel.
Roei onkruid in u grasperk uit
Vir al u onmoontlike onkruid omstandighede, het ons hierdie lys van algemene probleme saamgestel om u te help om hulle vir eens en vir altyd uit te roei.
- Waarmee kan ek taai breëblaaronkruid in my grasperk besproei?
Oplossing: Efekto Turfweeder 457.5 SLHierdie oplossing werk soos ‘n bom op taai breëblaaronkruid. Dit werk goed op breëblaaronkruide soos klawer, paardebloem en kruipende suring. - Wat kan ek op my gevestigde grasperk spuit om onkruid weg te hou?
Oplossing: Efekto Hormoban APMHierdie produk maak eenjarige breëblaaronkruide wat u grasperk binnegeval het dood. Lees die etiket om seker te maak dat u onkruid daarop gelys is. - Is daar iets wat ek op my nuut aangeplante grasperk kan spuit, om te voorkom dat onkruid begin groei
Oplossing: Efekto Banweed MCPAHierdie produk maak eenjarige breëblaaronkruide in nuut aangeplante grasperke dood. Nuut aangeplante saad grasperke moet eers 2 – 4 keer gesny word voordat u hierdie behandeling toevoeg. - Ek het ‘n klein area in my grasperk waar onkruid saamgebondel groei, wat kan ek gebruik om dit te behandel?
Oplossing: Efekto No Weed Lawn RTUEfekto se No Weed Lawn Read-To-Use formulering is ‘n goeie keuse vir kol behandeling op onkruid wat af en toe kop uit steek. - Wat kan ek gebruik om luisboom, gouewattel en ‘n Madeira-ranker uit te wis?
Oplossing: Efekto Garlon 4Hierdie is ‘n eenvoudige oplossing om moeilike en skadelike houtagtige onkruid en rankers onder beheer te hou. Dit maak hierdie plante van die wortel af op dood. - Hoe hanteer ek onkruid wat groei in areas wat gegruis is, in die tuin, opritte en voetpaadjies?
Oplossing: Efekto Clear UP of Efekto No Weed Paving RTUDit maak reeds bestaande onkruid en grasse dood. Dis perfek vir areas wat gruis bevat soos opritte, voetpaadjies, fondasie sones, of daai grond onder u houtdek waar niemand ooit kyk nie, waar u nie moeite hoef te doen om die onkruid uit te trek nie.
Kenner onkruid en grasperkversorging advies
Soms verg die onkruidproses ‘n bietjie aanmoediging van die wat weet hoe. Moenie bekommerd wees nie, u kan dit doen! Kyk deur hierdie wenke om te verseker dat u u onkruidprojek met selfvertroue aanpak.
- Dit lyk nie of my onkruid vrek nie. Moet ek nog onkruiddoder spuit?Onkruid gaan stadig dood, en dit kan tot en met drie weke vat voordat enige tekens daarvan begin wys. As u te veel onkruiddoder toe voeg kan u u grasperk beskadig. As u die onkruiddoder teen die regte mate toegevoeg het, kan u net wag en monitor.
- Is dit veilig om onkruiddoders rondom kinders en troeteldiere te gebruik?Ons raai u aan om kinders en diere weg van die bespuitings area af te hou, totdat dit droog is. Om die produk toe te dien op ‘n dag waar die weerstoestande kan help om die bresproeing vinniger uit te droog, kan die tyd wat hulle weg moet bly bespoedig.
- Kan ek my gras sny voor of nadat ek ‘n Efekto breëblaaronkruiddoder toegevoeg het?Ons stel voor dat u vir drie dae voor, en ook drie dae na, u ‘n Efekto breëblaaronkruiddoder bygevoeg het, nie u gras sny nie. Maak seker dat u elke oppervlak van die onkruid deeglik besproei. Moenie op ‘n winderige dag spuit nie. Om vroeg in die oggend of laat in die middag te spuit verminder die gevaar vir plante. Moenie in nat kondisies spuit nie, dit kan die doeltreffenheid van die onkruiddoder verminder.
Grasperk peste en siektes
Laaste maar nie die minste – peste en siektes. Terwyl onkruid die grootste verdagte is van skade aan grasperke, kan peste en siektes ook skuldig wees daarvan. Ons help u om beide die pes en oplossing daarvoor te identifiseer.
- Ek het klein, eweredige, ronde, bruin kolle op my grasperk. Wat kan ek doen?
Oplossing: Efekto Lawn Fungicide 500 ECVele algemene grasperksiektes lei tot bruin kolle en dollarvlekke. Siektes kom oor die algemeen meer voor in grasperke wat gekompakteerde of sleg gedreineerde grond het, in areas met skadu is, areas wat oornag klam word, en uitgehongerde erwe. - Mos groei in ‘n skaduryke area op my grasperk. Waarmee kan ek dit beheer?
Oplossing: Wonder Dolomitic LimeMos floreer in grond wat ryk is aan suur. Wonder Dolomitic Lime maak nie mos dood nie, maar inteendeel maak dit meer alkalies, as dit reg toegevoer word, en dus groei ontmoedig. - My grasperk het bruin en yl areas. Wat is dit en hoe kan ek dit behandel?
Oplossing: Efekto Kamikaze of Efekto Cypermethrin 200 ECGrasdraertermiete wat in die gras wegkruip kan lastig wees. Efekto Kamikaze is eenvoudig om te gebruik, en wanneer dit terug gedra word na die nes toe, bereik dit die hele kolonie. Efekto Cypermethrin 200 EC kan op die hele grasperk toegevoeg word, sodat grasdraertermiete die behandelde gras sny en versamel en na die nes toe dra. - Daar is bruin vlekke op my grasperk wat lyk of dit net groter word, en voëls pik aan die gras. Wat moet ek doen?
Oplossing: Wonder Lawn Pest & GreenGrasperkruspe infestasies bereik gewoonlik ‘n jaarlikse hoogtepunt tussen Desember en Maart. Die bruin kolle word veroorsaak deur ruspes wat aan u gras knaag deur die nag. U kan kyk of u grasperkruspes het deur om ‘n nat handdoek op die grasperk te plaas en oornag te los. Lig dit die volgende oggend op, hulle sal aan die onderkant vas sit. - My grasperk voel sponserig onder my voete, en gaan plek-plek dood. Wat is dit?
Oplossing: Efekto Plant ProtectorMolkrieke eet aan plantwortels, en hoe hulle grawe vernietig plantwortelstelsels. U moet eerstens die grootte van die molkrieke vasstel, deur om ‘n area op die grasperk waar die molkrieke aktief is met ‘n skottelgoedseep oplossing deur te week (50ml skottelgoedseep op 10 liter water). Herhaal die behandeling as dit nodig is. Vir die beste resultate kan u ‘n voorkomende behandeling toe voeg aan die einde van Oktober, wat weer twee maande later herhaal kan word, om ‘n molkriek uitbreking te voorkom. - Ek kan hope grond op my grasperk sien. Wat veroorsaak dit?
Oplossing: Efekto Mole RepellentMolle se grou gewoontes kan gras, blombeddings en boomwortels beskadig, wat groot skade aan grasperke en tuine kan veroorsaak. Skuif die molshoop grond weg, spoor die ingang tot die tonnel op, en gooi 10ml van die vloeistof so diep as moontlik in die tonnel af. Bedek dan weer met grond.
Kry ‘n gesonde, lowergroen grasperk met grasversorgingprodukte
Lees altyd eers die gebruiksaanwysings deur, stoor enige chemikalieë veilig weg, verseker voldoende ventilasie wanneer u meng, en merk op wat die toepaslike noodhulpmaatreëls is. Volg die gebruiksaanwysings noukeurig na vir die beste resultate. Vir inligting oor produkbehandeling wenke vir grasversorgingprodukte en meer, lees ons gids, verken ons tegniese blaaie, of vra ons.