Tuine in Suid Afrika ondergaan vele seisoenale veranderinge. Van weerstand teen hittige somers tot die uithou teen bibber koue in die hartjie van winter – ‘n kenmerkende oorgang van florerende ruimtes tot dormante plantegroei. Maar moenie dat die koue, stil tydperk u mislei nie. Dit is ‘n uitstekende tyd om u pogings te fokus op u tuin se vermoë om na lente toe oor te skakel sonder om enige plae in te laat. Gebruik ons seisoenale tuinmaak wenke kontrolelys om u tuinmaak- en plaagbestrydingsroetine van winter na lente oor te dra.
Verstaan plaagbeheer vir ‘n beter oorgang na lente
Lewe in die tuin stop nie wanneer winter toesak nie. U sal miskien oplet hoe plantegroei vertraag, maar daar is steeds baie wat reg voor u oë gebeur. Maak uself vertroud hiermee deur om gebruik te maak van ons herfs- en wintertuin plaagbeheerlys. Hierdie gids dui aan na watter plae u voor moet uitkyk, en die oplossings wat u sal help om u tuin te beskerm totdat lente aan breek.
Een van die top wenke vir ‘n suksesvolle lente-oorgang, is om uit te kyk vir oorwinterende plae. Dit is wanneer plae gedurende winter na die snoesige hitte van u huis toevlug neem, of in die grond tydens hul papie fase. Dit sluit myte en sap-suigende plantluise in. Bestry hierdie plae wat hulself in u tuinbeddings wil versteek, met Efekto Insecticide Granules Plus, Efekto Malasol en Efekto Plant Protector.
Plaagbestryding wenke vir ‘n suksesvolle lente
Gebruik hierdie uitstekende tuinmaakwenke om u te help die oorgang van winter na lente aan te pak. Pogings wat u gedurende winter maak verseker die beskerming van u plante en verminder die moontlikheid van plaagskade tydens die koue maande.
Wintertuinvoorbereiding en roetine
- Beskerm steenvrugte op hul pienk knop stadium deur om dit met Efekto Virikop te bespuit om blaarkrul te beheer.
- Verwyder alle oorwinterende plae en siektes deur om bladwisselende vrugte bome met ‘n winterbespuiting soos Efekto Kumulus WG en Efekto Oleum te bespuit.
Lente roetine
- Maak seker dat u net tydens lente snoei (leer hoekom en hoe met ons Snoei 101 gids).
- Belug u grasperk en saamgeperste beddings met ‘n tuinvurk. Voed dit dan met ‘n kwaliteit kunsmis soos Wonder Lawn & Leaf 7:1:3 (15) + C (8). Dien dit vroeg in die lente in die driparea van struike toe, en herhaal elke vier weke gedurende die seisoen.
- Hou die slymspoor van slakke en naakslakke dop, en gebruik ons gids vir die behandeling en voorkoming van slakke en naakslakke. Hierdie plae kan ‘n oes verwoes sonder ‘n wakende oog en noukeurige plaagbeheerroetine. Efekto se reeks slak- en naakslakoplossings sal die skade van hierdie slymerige verdagtes beslis bekamp.
- Met nat weer wat op pad is met die lentereën, moet u gereeld op let na algemene plae soos skimmel, swartvlek en plantluise. Om al hierdie lenteweerplae weg te hou, verken ons probleemoplosser vir ons omvattende oplossings.
Ontwaak u tuin van winter af en welkom die lente in
Na ‘n lang seisoen van koue temperature, sal u vir seker die voordele van ‘n vrugbare lente ervaar. Vir meer inligting oor hoe u u tuin in lente in kan beskerm, kontak ons kundiges vir verdere wenke vir plaagbeheer. Teken in op ons nuusbrief om ons volledige e-boekgids vir lente plaagbestryding vir u tuin en huis te ontvang.