Poeieragtige skimmelbehandeling en ander wenke vir plantskimmel

Vermoed u dat u plant se gesondheid nie heeltemal op peil is nie? Dit kan dalk ‘n swamsiekte wees wat kop uitsteek. Hou aan lees om die fyn lyn tussen al die verskillende tipes skimmel te verken – en spesifiek poeieragtige skimmelbehandeling te verstaan – en om die misterie van skimmel en meer te ontsluit.

Pen poeieragtige skimmel en meer vas

Om te begin, verken ons artikel wat die verskillende soorte plantsiektes uiteen lê en ‘n wye spektrum van algemene gevalle dek. Dit sluit algemene probleme soos swartvlek, roes, blaarkrul en meer in.

Wanneer die toestand van ‘n plant se siekte ondersoek word, is dit belangrik om daarop te let dat daar verskille tussen die tekens en simptome is. Dit sal u help om die regte poeieragtige skimmelbehandeling te identifiseer en toe te dien.

Tekens van plantsiektes

Een van die tekens van ‘n plantsiekte is enige sigbare bewyse van die patogeen, die parasitiese swamsiekte self. Dit kan swamliggame, poeieragtige skimmel op ‘n blaar, of verskillende soorte roes (roeskleurige vlekke, wat gewoonlik aan die onderkant van die blaar voor kom, vorm uiteindelik knoppe) wees.

Simptome van plantsiektes

Die simptoom van ‘n plantsiekte is egter ‘n sigbare effek van ‘n siekte op die plant. Dit kan byvoorbeeld voorkom as ‘n verandering in kleur, vorm of funksie van die plant. Dit verskyn soos die vergeling van blare, bruin of voëloog kolle, of afdemping van saailinge.

Plant skimmels

Daar is twee hooftipes plantskimmel – poeieragtig en donsagtig. Ons wys die fyn verskille uit om u te help om hierdie twee algemene gevalle te verstaan ​​en te identifiseer.

Poeieragtige skimmel

Hierdie skimmel verskyn as ‘n grys-wit, poeieragtige groeisel wat op jonger plantdele ontwikkel. Dit sal verdwerging en uiteindelike verkrimping van blare veroorsaak. Dit floreer in omgewings met warm, droë klimate en omgekeerd ook areas met hoë humiditeit. Optimale toestande sluit warm dae en koel nagte in. Om nie eers te praat van plante wat gereeld ‘n verskeidenheid klam toestande ervaar – soos vogtige weer, skaduwee, én oorvol areas – nie.

U sal op let dat swam kolle ‘n sirkelvormige, wit voorkoms het en dat dit op enige plek op die blaaroppervlak voor kan kom. Nadat die swam vir ‘n geruime tyd teenwoordig is, sal die blare vergeel.

Donsagtige skimmel

In die geval van hierdie skimmel verkleur die boonste gedeelte van die blaar, terwyl die onderste gedeeltes wit of grys muf ontwikkel. Donsskimmel, wat van swamagtige organismes afkomstig is, kom ook dikwels tydens nat weer voor. Dit raak baie tuinplante en eetbare produkte (insluitend impatiens, gesiggies, wingerde, blaarslaai, broccoli en blomkool) aan.

Hierdie spesifieke swam kolle het ‘n hoekige, grys voorkoms, sal beperk word deur die blare se are, en die blare kan vergeel voordat die swam sigbaar is.

Wat ook kan gebeur is dat blare vergeel of gespikkel word, blaarrande kan na onder krul, en grys pluis kan aan die onderkant van die blare vorm.

Verken ons volledige reeks swam- en siekteoplossings om u unieke plant probleme te behandel. Vir bykomende probleme wat u dalk vermoed, verwys ook na ons probleemoplosser.

Efekto se kundige oplossings

Uit al die oplossings in ons reeks swam- en siekteaanbiedings, sal ons u sterk aanraai om van die volgende twee produkte gebruik te maak.

Efekto Funginex 

Funginex is ‘n sistemiese swamdoder, wat beteken dat dit deurmiddel van die plant se sap die plant binne dring om die swamsiekte te beskerm en te genees. Weens die produk se ontwerp bied dit langdurige beskerming en is dit ‘n baie gewilde swamdoder op rose. Dit is ‘n uitstekende oplossing vir die beheer van poeieragtige skimmel, swartvlek en roes op verskeie tuinplante – en poeieragtige skimmel en roes op verskeie eetbare gewasse.

Om seker te maak dat u u plant se swamsiekte reg behandel, verwys gerus na Funginex se tegniese blad.

Funginex:

  • Voorkom en beheer swamsiektes.
  • Word goed verdra deur gewilde ornamentele spesies.
  • Werk van binne na buite om nuwe groei met sistemiese aksie te beskerm.
  • Is omgewingsvriendelik.
  • Dien as beide ‘n voorkomende en genesende swamdoder.
  • Bevat min gif (en sal nie bye benadeel nie!)
  • Duur nie voort in die omgewing nie.
  • Kan op beide tuinplante en eetbare gewasse gebruik word.

Efekto Virikop 

Hierdie oplossing is ‘n benatbare poeier swamdoder en bakterieëdoder (wat beteken dat dit beide swamme en bakterieë behandel). Dit het beide voorkomende en beskermende eienskappe wat sekere siektes op genoteerde vrugte, groente, blomme en tuinplante behandel.

Hoe om Virikop te gebruik: 

Verken Virikop se tegniese blad vir die korrekte toedieningshoeveelhede vir u spesifieke gewas en swamsiekte. Wanneer dit met water gemeng word, behandel die koper in die spuitmiddel die swam en bly dit op die plantoppervlaktes agter nadat die spuitmiddel opgedroog het.

Om as ‘n voorkomende middel te werk, moet Efekto Virikop op die plantoppervlak toegedien word voordat die siekte voor kom. Die doeltreffendheid van die middel hang af van die kwaliteit en toereikendheid van die toedieningsdekking.

Wenke om skimmel te voorkom

Om te voorkom dat skimmel u tuin beskadig, volg hierdie aanbevelings.

  • Waar u kan, maak seker u enige vatbare plante op sonnige plekke plant. Lug moet vrylik rondom die plante kan beweeg. Dit sal goed te pas kom, ongeag van sonnige of skadu toestande.
  • Maak net die wortels in die oggend nat, en nie die blare nie. Dit is belangrik om te vermy dat die blare nat word. As u in die oggend nat gooi, skep dit ook geleentheid dat enige blare wat wel per ongeluk nat gespat word, deur die dag droog kan word.
  • Verwyder enige dooie of siek blare om gesonde plante te kan onderhou.
  • As u u snoeiskêr op enige besmette plante gebruik het, maak seker dat u dit deeglik ontsmet.
  • Wees ook versigtig om nie te veel te bemes en ‘n stormloop van nuwe blare te veroorsaak nie (nuwe groei is meer vatbaar vir skimmelinfeksies).

Behandel skimmel en meer saam met die kundiges

Vir meer inligting oor die naderende swamsiektes en poeieragtige skimmelbehandeling, verken ons blog of kontak ons kundiges direk.

DEEL HEIRDIE ARTIKEL:

VERWANTE ARTIKELS