Ah – die weer is warmer, die dae is langer, en daar is ‘n soet geur in die lug. Lente is waarlik ‘n vreugde vir die sintuie. Let wel, soos wat lewe weer aktief raak, kom dit gepaard met die gons van gaste wat nie so welkom is nie – lente plae. Om pligsgetrou te bly met u warm weer roetine rondom u tuiste en tuin, gebruik ons gids vir warm weer plaagbeheer.
Warm weer? Geen probleem – hou hierdie plaagbeheer gids handig
Terwyl lente se warm weer verantwoordelik is vir groener grasperke, kleurvolle bloeisels en opwindende oeste, lok dit ook ‘n nuwe lys van plaagprobleme aan. Afhangende van die gebied waarin u woon is lente ook bekend vir reënval wat vog en warmer weer bring. Hierdie kondisies, wat wonderlik is vir plantegroei, is ook ‘n aanduiding van plaagaktiwiteit. Bly pligsgetrou en neem die regte stappe om u plaagbeheer in die huis en om die tuin suksesvol te maak.
Warm weer peste
Alhoewel daar heelwat meer plae is om te beheer in die lente tyd, maak seker u hou nog ‘n ogie uit vir swartvlek, skimmel en plantluise, asook slakke wat oorgedra word van die kouer weer af. Verwys na ons herfs- en wintertuinbeskermingslys om seker te maak u het die regte begrip en oplossings.
Grasdraertermiete
Grasdraertermiete, ook bekend as rysmiere, vreet meestal gras wat hulle ‘n probleem maak vir mense met grasperke. Hulle kan ook grasdakke teiken, wat tot verdere skade kan lei.
Grasdraertermiete is meer aktief gedurende die winter maande. U sal drie verskillende tipes grasdraertermiete oplet:
- Werkers:room-wit, sagte-lyf insekte met groot bruin koppies.
- Soldate: groter, beskutte koppe met sterk kakebene.
- Voortplanters: geelbruin met langwerpige vlerke wat byna ewe groot is, en gewoonlik gedurende die aand rond swerm.
Grasdraertermiete breek dooie plantmateriaal af tot eenvoudiger organiese verbindings. In die tuin sal u heel waarskynlik die werkers en soldate buite die nes aantref. Neste kan geïdentifiseer word deur gate in die grond waar daar miershope rondom dit vorm. Groter swerms plae kan lei tot die ontwikkeling van groot, gekoppelde nesnetwerke. Grasperke kan dan dus begin om plek-plek op te hou groei.
Oplossing: Efekto Plant Protector, ‘n sistemiese konsentraat. Behandel elke ingang tot die nes (nes ingang behandeling), of behandel die hele area waarvan hulle wegvreet (algemene behandeling). Herhaal behandeling as die grasdraertermiet aktiwiteit voortsit. Efekto Kamikaze is ‘n reg-vir-gebruik aas. Strooi die aas geleidelik oor die geÏnfesteerde areas, asook rondom al die aktiewe ingange tot die nes. Gewoonlik is Grasdraertermiete aktief van ongeveer 11vm tot sononder. Strooi die aas op ‘n dag wat u kan op let dat die Grasdraertermiete aktief besig is om die area aan te val. Maak seker dat u net genoeg aas strooi as wat die grasdraertermiete kan terug dra nes toe op die dag van die behandeling. Bio Kill EXTRA GT reg-vir-gebruik kan gebruik word om Grasdraertermiete in grasperke te behandel.
Miere
Miere soek wyd en suid, in en om die huis kos, en sal heel waarskynlik hulle kolonie naby aan voedselbronne bou – alhoewel hulle baie selde binne huise vestig.
Kyk uit vir: eerstens, groot, swart miere binne die huis. Miere kommunikeer deur om chemiese seine (feromone) deur hulle antennas op te tel. Dis hoekom u werker mure in ‘n ry sal sien beweeg op ‘n spesifieke koers.
Oplossing: Onderhou skoon oppervlaktes deur om hulle gereeld af te vee om enige chemiese spore te elimineer. Sodra skoon, gebruik Efekto Fendona 6 SC en Efekto No Ant Bait Station. Vir meer inligting, ondersoek ons mieroplossingsgids.
Vlieë
Waai u heeldag ‘n vlieënde pes weg? Dis tien teen een ‘n huisvlieg – ‘n grys-swart, effens haarerige lyf, ‘n enkel paar vlerke en rooi, bolvormige oë, met ‘n sagte tongetjie wat vanuit sy kop hang.
Kyk uit vir: vlieë wat rondom enige iets wat vrot, suikerig is, of uitskeisels het drom. Warmer klimate en vogtige areas is optimaal vir larwes om te floreer, wat lente die perfekte tyd maak vir uitbroeisels in mis en vullis.
Oplossing: hou dinge netjies! Tel troeteldier- en perdemis op, vee oppervlaktes gereeld skoon en hou enige vullis toegeseël. Gebruik Efekto No Insect Indoors NF Flying Insects en Efekto Fendona 6 SC vir die huis. Aanrakende buitemuurse ruimtes en perdestalle, verken ons equine edition pest prevention guide.
Molle
Nie ‘n rot of ‘n muis nie – ‘n mol het ‘n fluweelagtige pels, ‘n lang, pienk haarlose snoet, en klein aartappelagtige lyf met ‘n oënskynlike ooglose kop. Hulle eet ertwurms, larwes, mierie en molkrieke.
Kyk uit vir: hope versteurde grond tussen lente en herfs – of u opgewerkte hond wat in die tuin en beddings rond grou. U sal meer aktiwiteit in die nat weer seisoene oplet, wanneer die grond sag en klam is. Dit lok molle na hulle ertwurm-prooi toe.
Oplossing: Gebruik Mole Repellent en snuffel deur ons gids vir tuinmolweermiddels en oplossings.
Vismotte
Hierdie silwer-grys insekte is tot en met 1.5cm lank en lewe vir 2-8 jaar. Hulle vreet die gom van boek bindings en karton, asook materiale soos linne, katoen, rayon en sy.
Kyk uit vir: donker, vogtige en deurmekaar ruimtes. Plekke waar u gewoonlik vismotte sal aantrek is in die kombuis, badkamer, waskamers, kaste, solders en enige klam spasies.
Oplossing: Beheer vogtigheid en deurmekaar spasies in die huis. Voeg dan Efekto No Insect Indoors NF Flying Insects en Bio Kill Extra GT by.
Proef toets u plaagbeheervaardigheid hierdie lente
Hier’s op ‘n vreugdevolle nuwe seisoen in die tuin en huis. Vir verdere hulp met u seisoenale plaagbeheer vrae, moenie huiwer om ons argief van artiekels to ondersoek, of ‘n kenner te vra nie.