Het u oë op ‘n kokkerok gelê, en dis hoekom u hier is? Daar is geen rede om paniekbevange te raak nie! Hierdie gids is ontwerp om u te help om hierdie indringerplae met ‘n volledige benadering tot kokkerot plaagbeheer in te teuel, van voorkomende maatreëls tot oplossings.
Knip u kokkerot kwale kort
Is kokkerot plaagbeheer ‘n nuwe konsep vir u? Ons kundige span is hier om u te help verstaan, identifiseer, en daarnatoe te werk om hierdie pes heeltemal te elimineer. Verken ons kamer-vir-kamer ontgogga gids om te sien waar kokkerotte die mees algemeen voor kom. Ons beste raad vir kokkerot plaagebeheer is om soos altyd ‘n effektiewe benadering tot enige probleem te hê – dit begin deur om volledig ingelig te wees.
Die basiese oorsig op kokkerotte
Oor die algemeen lyk kokkerotte soos besie-agtige insekte met lang, ovaal, bruin lywe. Hulle het ‘n stel antennas en vier bene. Hoeveel hulle weeg en hoe lank hulle is kan verskil afhangende van die spesies waarmee u te doen het. In Suid Afrika is daar hoofsaaklik drie spesies:
- Duitse kokkerot — Word gekenmerk deur twee donker longitudinale strepe op die borsstuk (die dorsale plaat wat net agter die kop voor kom). Volwassenes groei tot ongeveer 12 – 15mm lank.
- Oosterse kokkerot — Donker bruin tot swart, 20 – 25mm lank, met onderontwikkelde vlerke in wyvies, waar die manlike kokkerotte vlerke het wat ¾ die lengte van hulle buik bedek.
- Amerikaanse kokkerot — Blink rooi-bruin, 35 – 40mm lank. Manlike kokkerotte se vlerke is langer as hul lyf, waar die wyfies se vlerke net net hulle buik oorvleuel. Hulle kan hardloop, en ook in hoë temperature vlieg.
Gesondheidsgevare
Grillerig, vinnig, en genoeg om ‘n volledige inspeksie te regverdig – kokkerotte kan ‘n onrusbarende gevoel in enige iemand opwek! Behalwe vir die feit dat hulle ‘n indringerplaag is, besoedel kokkerotte ook ons leefruimtes. Kokkerotte laat mis en speeksel agter, asook vel wat hulle afskud – alles wat as allergene beskou word. Hierdie allergene is nie net gekoppel aan die veroorsaak van asma-verwante kwale nie, maar hulle laat ook spore bakterieë agter wat siektes soos voedselvergiftiging kan veroorsaak. Met al hierdie probleme, maak seker dat u enige middels wat kokkerotte kan aanlok verwyder om gesondheidskwessies te vermy.
Kokkerotaanlokmiddels en waarvoor om uit te kyk
Soos wat ons kamer-vir-kamer ontgogga gids aangedui het, sal u kokkerotte in kombuise, opwaskamers en badkamers kry. Dit is as gevolg van aanlokmiddels soos kos wat vleis, en stylselagtige en soet stowwe, in sluit. Kokkerotte hou ook van donker wegkruipplekke, so enige skeure of krake wat toegang tot water het, is ook dinge om voor uit te kyk. Hulle is aktief deur die nag, en dis ook waarom u hulle sal sien skarrel nadat u ‘n lig aangeskakel het.
Alhoewel kokkerotte aangetrokke kan wees tot areas wat nie goeie sanitasie het nie, soos vullisdromme of rioolstelsels, is dit nie altyd die geval nie. Ongelukkig kan hulle ook die skoonste huis binnedring opsoek na skuiling!
Hoe om kokkerotte te voorkom
Daar is verskeie maniere waarop u u huis plaagbestand kan maak om ‘n kokkerot inval te voorkom.
- Ondersoek u huis — Maak dit plaagbestand deur om enige moontlik ingange toe te seël. Dink aan smal plekke soos vensters, die nou gapings tussen teëls en mure, en verslete weerstroop.
- Ontsmet oppervlaktes — Toonbanke, areas rondom dreine, en maak gereeld vullisdromme wat binne die huis staan leeg en skoon.
- Verseël en verpak kos — Maak seker dat u voedselvoorbereidingsoppervlaktes afvee, en ook gereeld die eetkamer en kombuisvloere skoon maak. Moenie van die troeteldierbakke op die vloer vergeet nie!
- Gebruik die regte plaagbeheeroplossings en metodes — Volg produkinsetsels en pas die oplossings veilig toe. Verken ons veiligheidsgids vir hulp.
Kokkerot plaagbeheeroplossings
Soveel as wat u dalk die versoeking mag voel om ‘n skoen te gryp om die probleem op te los, stel ons ‘n baie meer effektiewe benadering vir die langtermyn voor. Behandel en onderhou die gesondheid en veiligheid van u huis teen kokkerotte met hierdie plaagbeheeroplossings:
Efekto No Insect Indoors NF Cockroaches RTU
Hierdie oplossing is ‘n gereed-vir-gebruik insekdoder om kokkerotte beide binne en buite die huis onder beheer te hou. Spuit eenvoudig waar kokkerotte opmerklik is, en herhaal soos nodig.
Efekto No Roach 25 SC
‘n Konsentraat wat binnenshuise insekte onder beheer hou. Dit behandel kokkerotte en weeluise in wonings, diere hokke, en industriële persële. Om te gebruik, dien toe met ‘n drukspuit of gebruik ‘n geskikte spuit. Dien die spuitmengsel op vloerlyste, mure en kaste, sowel as enige oppervlaktes waar insekte opgemerk word toe. Gee veral aandag aan krake en skeure.
Efekto Zero Roach Bait
‘n Gereed-vir-gebruik lokaasstasie wat in pakkies van twee of vier kom, om kokkerotte onder beheer te hou vir publieke higiëne. Plaas een tot drie Zero Roach stasies per 10 m² vloeroppervlakte in plekke wat binnegeval is soos:
- Huishoudlike persële (insluitende kombuise)
- Voedselhanteringsareas (d.i. vir voedselverwerking, voorbereiding, en berging):
- Voedselvervaardigingspersële, kommersiële kombuise, restaurante, kos winkels, pakhuise, kleinhandelafsetpunte, en meer.
- Publieke geboue:
- Hotelle, hospitale, tronke, teaters, skole, kerke, en meer.
- Kommersiële en industriële persële:
- Fabrieke, winkels, werkswinkels, vliegtuie, voertuie, spoorweg voorraad en skepe.
Vermag u kokkerot plaagebeheer met die kenners
Met die regte oplossings en gereelde ontsmettingsroetines sal u u benadering tot kokkerot plaagbeheer bemeester. Vir meer raad en informasie vir u plaagbeheer behoeftes, kontak ons gerus.