Ons sê winter, u sê …
U mag dalk iets sê soos warm sjokolade, komberse, verwarmers of flieks op die bank, maar ons sê knaagdierbeheer! Terwyl die kouer seisoen minder vlieënde plae soos muskiete, vlieë en steek insekte het, het die winter sy eie stel probleme. Rotte, muise, kokkerotte en spinnekoppe vind hul pad binnenshuis op soek na hitte en skuiling – wat nie ideaal is nie!
Hierdie plaagbeheerwenke vir die winter is hier om u huis te red van geknaagde meubels, mis, gekoude elektriese bedrading, en vernietigde insulasie en hout.
Die ongewensde winterverrassings wat u nie wil hê nie
Rotte en muise is nie diere wat gedurende die winter hiberneer nie. Hierdie knaagdiere bly regdeur die jaar aktief en as die toestande in u huis gasvry is, kan hulle heel moontlik besluit om hul aktiwiteite permanent na u huis toe te skuif. Dis nie net u wat binnenshuis wil kuier wanneer die weer onplesierig is nie! Knaagdiere soek ook na ‘n droeë, warm plek waar hulle huis kan op sit. Vermy die onaangename verrassing van rotte wat onder die trap uitpyl, of tekens van muise wat om kombuiskaste skarrel, deur om ons plaagbeheerwenke vir die winter toe te pas. Hou hierdie ongewenste indringers uit met ‘n paar eenvoudige huishoudelike roetines.
Plaagbeheerwenke vir die winter
1. Maak u huis goed skoon, en hou dit so
Knaagdiere is mal oor die krummels wat op die kombuistoonbank agter gelaat word, of die leksel koffie wat u op die bedkassie gemors het en nie afgevee het nie… Die beste verdediging teen knaagdiere is ‘n skoon omgewing. Deur om enige gemors uit die weg te ruim, word die reuke wat ongewenste knaagdiere aan lok ook verwyder. Maak u huis gereeld skoon, en gee spesifiek aandag aan die kombuis. Moenie die plekke vergeet wat maklik is om oor te sien nie, soos onder die broodrooster en teen die onderkant van die yskas, oond en asblik.

2. Soek die algemene knaagdier skuilplekke
Knaagdiere wat opsoek is na ‘n warm, snoesige nuwe plek om te slaap sal hulself maklik tuis maak in u huis. Maak gereeld skoon om die huis en vermy plekke soos houtstapels, blaarhope, struike of puine wat knaagdiere in die versoeking lei om nuwe skuiling te soek.. Kyk vir gapings, gate en lospassende deure in u huis, en buite in die motorhuis of tuinskuur. Rotte kan ‘n klein gaping vergroot deur met hul tande daaraan te knaag en sodoende toegang tot u spasie verkry. Muise kan maklik deur gapings die grootte van ‘n potlood druk.
Muise en rotte floreer in gebiede met rommel, wat baie gerieflike wegkruipplekke skep – veral in dele van die huis wat nie as primêre leefruimtes dien nie, soos motorhuise. Begin deur om stapels ou koerante en ander rommel uit die weg te ruim om hierdie areas minder aanloklik te maak. Tel hope wasgoed van die vloer af op, verwyder bokse wat saamgepak is, en maak seker dat u gestoorde items georganiseer en van die grond af gelig is.
3. Verwyder waterbronne
‘n Warm plek is uitnodigend, maar ‘n maklik-toeganklike bron van water is net so aanloklik vir knaagdiere. Rotte moet elke dag tot 60 ml water drink! As daar ‘n buitekraan is wat lek, potplante met pierings, of gieters met oortollige water in, sal rotte en muise dit as ‘n bron van water gebruik.
4. Verseël die voedsel
Nog een van die mees geskikte plaagbeheerwenke vir die winter is om te verhoed dat ‘n feesmaal vir honger knaagdiere voorsien word. Maak seker dat alle kos in goed-versëelde houers gestoor word om maklike toegang te ontmoedig. `n Gunsteling lokmiddel wat dikwels van vergeet word is honde- en katkos – `n algemene kosbron vir muise en rotte. Hou roeteldierkos goed verseël, net soos wat u met u gesin se kos sal doen.
5. Lig die braai hout op
‘n Gunstelling en geliefde tradisie in Suid-Afrika is ‘n lekker winterbraai of vreugdevuur, of ‘n paar stukke hout in die kaggel om koue aande op te warm. Indien jy hierdie gunsteling tradisies geniet, maak jy heelwaarskynlik seker dat daar genoeg hout opgestapel is. Ongelukkig is vuurmaakhout ‘n gewilde skuilplek vir muise en rotte. Lig die stompe minstens 40 cm van die grond af op en stoor dit weg van die huis af om knaagdiervriendelike toestande te verminder.

6. Onderhou jou Tuin
Onderhoud is net so nodig om u huis knaagdiervry te hou. Sny enige takke af wat naby die huis hang, dit kan rotte maklike toegang tot die dak gee. Beheer rankplante en wingerde deur dit gereeld terug te sny of te snoei en dit sodoende weg te hou van enige geboude strukture en jou huis se buitemure. Muise is ook vaardig daarin om growwe, loodregte oppervlaktes, en dun kabels of drade, te klim, so maak seker dat jy dit gereeld nagaan. Snoei enige digte plantegroei, en maak onkruid en blaarhope skoon om skuilende knaagdiere van minder wegkruipplekke te voorsien.
7. Installeer ‘n Deurversëellaar/Deurrubber
Om ‘n deurversëellaar of deurrubber by buitedeure te voeg is nog een van ons wonderlike plaagbeheerwenke vir die winter. Dit voorkom dat knaagdiere maklike en vinnige toegang tot jou huis het en sodoende jou huis binnedring. ‘n Topwenk vir ‘n maklike installasie is om die versëellaar/rubber met kleefstroke eerder as skroewe vas te maak. Versper klein gapings aan die onderkant van deure, veral ou deure, dit sal verhoed dat muise en rotte jou huis maklik kan binnedring. Boonop sal hierdie wenk jou ook geld spaar hierdie winter deur die hitte binne te hou!
8. Seël Vuilgoeddromme
Hou vullis in dig verseëlde dromme want knaagdiere het ‘n skerp reuksintuig en afvalkos in plastiekasbliksakke sal binnekort gevind word – wat vir hulle ‘n fees sal aanbied. Implementeer hierdie plaagbeheerwenke vir die winter en u sal minder geneig wees om een aand deur ‘n klein, harige knaagdier oppad badkamer toe begroet te word. Soms kan daardie skelm muise of rotte egter al u voorkomende metodes uitoorlê en steeds by u ruimte insluip. As dit gebeur, kan Efekto u help om daardie lastige knaagdiere af te weer!

Rat-a-tat-tat, Eco Rat tot die redding
Eco Rat is ons gereed-vir-gebruik knaagdierdoder sagte blok lokaas vir die beheer van muise en rotte in en om die huis, insluitend stamme wat bestand is teen antikoagulante. Gebruik saam met ons Eco Rat Bait Station vir volle doeltreffendheid – dit is sterk, herbruikbare, duursame stasies wat binne of buite geplaas kan word. Die lokaasstasie kan sluit om kinders en troeteldiere weg te hou van die aas, wat help om risiko uit te skakel, maar die stasie moet steeds in ‘n area geplaas word wat ontoeganklik is vir kinders en nie-teiken spesies.
Hierdie blokaas hanteer besmettings vinniger as konvensionele knaagdierdoders en is hoogs effektief teen onkwesbare rotte en muise. Daar is ‘n baie laer risiko van sekondêre uilvergiftiging wanneer hierdie produk gebruik word.
Soos die rotte kos, en ‘n nuwe skuiling in die tuin of huis soek, sal hulle die stasies binnegaan en die aas verorber. Gaan voort om hierdie stasies te gebruik totdat knaagdieraktiwiteit stop en maak seker dat die toegangsgate parallel en naby die muur gehou word.

Maak u huis knaagdierbestand die winter
Maak ‘n draai by ons Facebook-blad om u plaagbeheerwenke vir die winter te deel. Vir ander eenvoudige, effektiewe raad om teen plae en knaagdiere te verdedig, besoek ons probleemoplossingsbladsy om die antwoorde te kry wat jy nodig het.