Lieflike somersdae is die ideale tyd om u tuin te geniet. Daar is wel steeds vele takies wat in en rondom u tuin gehandhaaf moet word om die welstand daarvan te onderhou, en om teen peste te verdedig. Die gene wat in klam gebiede woon moet spesiale voorsorgmaatreëls tref teen grasdraertermiete. Maak gereed om hierdie peste aan te pak deur om van ons gids vir beide voorkoming en behandeling gebruik te maak.
Moenie afgesit word deur plae nie
Wanneer u aktief aan u plaagbeheer plan teen grasdraertermiete werk, verseker u die voortduerende welstand en bewaring van u tuin. Die eerste stap in plaagbeheer sal wees om uit te kyk vir tekens van skade, en dan ons problem solver te gebruik om die tipe pes te identifiseer. Van daar af sal u die omvang van die skade en die pes kan verstaan, sowel as om na ons oplossings vir elke scenario te verwys. Maak net seker dat u nie grasdraertermiete (ook bekend as rysmiere) met normale miere verwar nie.
Verstaan die skade, en beraam u plaagbeheer plan teen grasdraertermiete in u tuin
As u met grasdraertermiete wroeg en nie weet hoe om u tuin teen hulle te beskerm nie, maak seker dat u eers die probleem en pes reg geïdentifiseer het.
Grasdraertermiete
Hierdie plaag, ook bekend as rysmiere, word aangelok deur hulle primêre bron van voedsel: gras.
Grasdraertermiete val tuine aan, anders as ondergrondse termiete wat hout vreet. U sal grasdraertermiet-aktiwiteit deur die onderstaande kan uitken:
- Kenmerkende klein gaatjies wat uit die grond uit kom (modder tonnels – ‘n teken waar termiete grawe, en wat roetes na neste vorm).
- ‘n Ooglopende verblyking van ‘n grasperk van groen na geel (‘n moontlike resultaat van ondergrondse termiet tonnels).
- Termiet-aktiwiteit rondom die middel van die dag, wat dikwels rondom 11vm begin.
- Tekens van los stukke grashalms (termiete dra afsnysels na hulle nes toe).
Spesial nota – grasdraertermiete eet nie hout van ‘n boom af nie. As u wel grasdraertermiete bo-op of binne ‘n lewende boom vind, is daar ‘n ander pes wat die merg- of kambiumlaag van die boom veroorsaak om dood te gaan. In so ‘n geval, ondersoek die boom deeglik en vra vir raad deur om van ons Kenners-portaal gebruik te maak. Dit is tipies ondergrondse termiete wat dan indring en die dooie sellulose vreet.
Binne die termiet-kolonie is daar drie hoofsaaklike tipes grasdraertermiete, bepaal deur hulle voorkoms en rol:
- Werkers: klein, room-wit, sagte-lyf insekte met groot bruin koppies.
- Soldate: groter, beskutte koppe met sterk kakebene wat soos knypers lyk (wat oranje, bruin, geel of rooi kan wees).
- Voortplanters: geelbruin met langwerpige vlerke wat byna ewe groot is, en gewoonlik gedurende die aand rond swerm.
Die volwasse grasdraertermiet voer die hele kolonie (soldate, larwes, jong termiete, konings, en konininge) deur om voedsel wat binne hul ingewandes ontbind is, op te bring.
Stop grasdraertermiete in hul spoor
Behandeling: hoe om grasdraertermiete in hul spoor te stop
Daar is twee aspekte wat oorweeg moet word om ‘n termiet-inval teë te stry – beskerming en behandeling. Dis noodsaaklik om u tuin die benodigde verdediging te gee, veral in streke waar die peste meer voor kom.
Bo en behalwe voorkomende instandhoudingsmaatreëls, gebruik Efekto Kamikaze om grasdraertermiete rondom die tuin te behandel, asook in lusern velde of weivelde. Hierdie gereed-vir-gebruik aas is ontwerp vir die beheer van grasdraertermiete, en kan toegevoeg word met ‘n kunsmisstrooier vir groter areas. Die beste tyd om Efekto Kamikaze toe te dien is op ‘n dag wanneer die grasdraertermiete baie aktief is, gewoonlik vanaf 11vm tot sononder.
Strooi die aas egalig oor die areas wat besmet is, asook rondom aktiewe termiet nes ingange. Een toediening is gewoonlik voldoende om die grasdraertermiete onder beheer te kry (1 gram aas dek 1m²). Strooi net soveel aas as wat die grasdraertermiete na hulle neste kan dra op die dag van behandeling.
Efekto Kamikaze werk om die grasdraertermiet tyd te gee om die aas na die nes toe te dra, waar dit dan deur die kolonie versprei word. Sodra die aas-draende werkertermiete en konininge uitgewis is, kom voortplanting geheel en al tot ‘n stilstand. Dit voorkom verdere termiet bevolking en red op die uiteinde u tuin en huis van enige verdere vernietiging.
Basta met grasdraertermiete
Om verdere wenke soos plaagbeheer plan teen grasdraertermiete te ontvang, teken op for ons maandelikse nuusbrief, vir ‘n gratis plaagebeheer handgids. Vir enige plaagbeheer advies for vrae, kontak ons gerus.