Het u konifere in u tuin? Hierdie gids is ontwikkel om u te help om te verstaan hoe om naaldboomsorg te benader, veral sipresluis behandeling. Sipres plantluise is ‘n algemene plaag wat die lewe uit u plante uit kan dreineer. Hulle kan op die volgende konifere gevind word: Skyrocket, Gold Crest, Stricta en Castlewellan Gold. Met die regte metodes kan u toekomstige plaaginvalle voorkom en ook teen hulle beskerm. Lees verder om uself te bewapen met insigte om seker te maak dat u konifere floreer.
Verslaan plaaginvalle met kennis en kundige-ontwerpte sipresluis behandeling
Gedurende die kouer maande is ons geneig om ons plaagbeheerpogings te vertraag en af te skaal. Een van die noodsaaklike stappe vir u wintertuinsorgroetine moet sipresluis behandeling bevat. Om u herfs- en winterplaagvoorkomingsplan te versterk, verken ons lys wat sipresluise, asook ander plae wat u waarskynlik sal teëkom, aanspreek.
Plae wat suig: sipresluise op konifere
Die sipresluis is ‘n sap-suigende plaag wat gif in sy gasheerplant afskei. Sipresluise is 1,8mm – 1,9mm lank en geelbruin van kleur, met ‘n digte laag klein haartjies wat dit gryserig laat lyk. ’n Swart streep loop weerskante van die bolyf af, veral naby die kop. Hulle is moeilik om te sien aangesien hul kleur soos die boom se bas lyk, en hulle kan vlerkloos of gevleueld wees.
U sal die eerste hoofsimptome van sipresluis op u naaldboom kan identifiseer as heuningdou (‘n taai stof wat op die plant of blare voor kom). Dit lok dan nie net miere nie, maar lei ook tot roetskimmel en dan die uiteindelike afsterwing van die naaldhout.
Behandel siprusluis as onvermydelik
Hierdie plae val hulle slagoffers in samehangende kolonies aan, en teiken die swakste deel van die plant, soos jong stingels, blare en knoppe. Naaldskade as gevolg van sipresluise kom in alle streke voor – wat beteken dat sorg en voorkomende maatreëls op elke naaldboom getref moet word. Hierdie plae is prominent aktief in die winter, alhoewel u heel waarskynlik eers die skade tussen laat lente en vroeë somer sal sien. Teen die tyd wat hierdie warmer seisoene aanbreek, is dit egter te laat – sodra die boom bruin word, kan dit nie herstel nie.
Ongelukkig kan die dooie of besmette dele van die boom nie net afgesny word as ‘n voorkomende maatreël nie. Ons beveel aan dat u insekdoders reg deur winter toe dien, vir die voorkoming van enige plantluisskade.
Insekdoder Oplossings
Verken die volgende voorbeelde om uit te vind watter oplossing die beste by u behoeftes pas.
Vir konifere 2 meter hoog, of in ‘n pot
Gebruik Efekto Aphicide wat spesifiek ontwerp is om sipresluise, sowel as witluise, wollerige sipresluise, psilla en dopluis-insekte te behandel. Dit kan op tuinstruike en -bome, sowel as blomplante, groente, vrugte en eetbare plante toegedien word. Dien dit elke twee weke toe om u konifere beskerm te hou.
Vir konifere langer as 2 meter
Vir meer gevestigde konifere beveel ons aan om óf Efekto Plant Protector-konsentraat óf Efekto Insecticide Granules Plus te gebruik. Gebruik enige van hierdie twee oplossings elke 8 weke, om te verseker dat u konifere goed beskerm word.
Wenke om pragtige konifere te groei
Voorkoming van plaaginvalle is die eerste stap om ‘n gesonde naaldboom te verseker – die tweede stap vereis voeding. Afhangende van waar u naaldboom groei, sal dit die tipe produk bepaal wat u moet gebruik.
Konifere in die grond
Voed hulle met Wonder Organic Vita-Boost. Hierdie organiese kunsmis bestaan uit erdwurmgietsels, ‘n konsentrasie minerale, en ander noodsaaklike organiese inhoud – perfek om u naaldboom te help floreer. Dien eenvoudig 25 – 50 g/m² Wonder Organic Vita-Boost in die drup area van u struike en bome in die vroeë lente toe. Herhaal daarna elke 4 weke gedurende die seisoen.
Konifere in ‘n pot
Bemes met Wondersol All Purpose, ‘n geheime wapen vir gesonde plante! Hierdie oplossing bevat ‘n organiese groeistimulant en help om plantstres te behandel. Dit kan op alle tuine toegedien word om gesonde plante, bome en grasperke te laat groei.
Verower konifer sipresluise voordat dit te laat is
Kry ‘n voorsprong op toekomstige plaaginvalle met proaktiewe en voorkomende behandeling van sipreluise. Vir meer leiding oor tuin- en huisplae, verken ons blog en gidse.